**Please feel free to make use of the translation bar on the right hand side, if you wish to read this in English**
Reflektiewe Opstel oor Skoolbesoektydperk
Reflektiewe Opstel oor Skoolbesoektydperk
"Die volgende opstel gaan poog om te
reflekteer oor die skoolbesoektydperk aan (Skool X) gedurende 21 Julie en 19 September 2014. Die doel van hierdie reflektiewe opstel is om ‘n
geheelbeeld te skep oor my eie professionele groei en ontwikkeling as ‘n toekomstige
onderwyser oor hierdie tydperk. Die fokus sal geplaas word op my eie aanvanklike
verwagtinge van die onderwysberoep, die uitdagings waarmee ek moes werk, my
aanvanklike gevoel oor my eie vermoëns as ‘n onderwyser en watse groei en
tekortkominge het ek ervaar. Verder sal die waardevolste aspekte en die nie
waardevole aspekte bespreek word van die skoolbesoek tydperk.
As ‘n NOS student was ons self nog nie
blootgestel aan hoe die onderwys in die prakteik werklik is soos die b.ED
leerders nie. My aanvanklike verwagtinge was dat dit baie soos die glaskas
lesse sou wees maar dit was duidelik glad nie dieselfde nie. Die atmosfeer,
leerder dinamika en akademiese verwagtige was heeltemal anders. Ek het ook nie
verwag dat dit die onderwys so ‘n veeleisende beroep is wat konstant die opvoeders
uitdaag nie. My opmerkings, deur met die opvoeders by Skool X te praat, is dat
hulle na skool en naweke asook vakansies konstant deur moet werk, aan lesbeplannings
en merkwerk aangesien hulle teveel klasse moet aanvat a.g.v te min van
dieselfde vakonderwysers. Alhoewel die onderwysberoep hoë vereistes stel, voel
ek persoonlik dat my karakter sal floreer in die onderwys beroep omdat ek self
geniet om konstant besig te bly en uitgedaag te word, so my verwagtige het
verseker versterk.
Aan die begin van die proeftydperk was
ek onseker oor wat om te verwag oor die algemeen maar ek het steeds op ‘n mate
gedink dat ek akademies voorberei was om suksesvol die akademie aantepak. Persoonlik voel ek dat ek meer isiXhosa taal reëls geleer het by my
mentor juffrou Kritzinger die afgelope 9 weke as wat ek die afgelope paar
maande geleer het, in my isiXhosa kurrikulumstudie. Juffrou Kritzinger het wel
my baie tegnieke, stratigeë en onderwysmetodes geleer wat my instaat gestel het
om my lesse suksesvol te voltooi. IsiXhosa lesbeplannings het my tweekeer
langer gevat om uittewerk, as geskiedenis lesbesplannings omdat ek self eers
die werk moes leer, voordat ek die werk kon verduidelik vir die leerders.
Die waardevolste aspekte van die
skoolbesoek tydperk vas verseker die hulpvaardige mense by Skool X, insluitend
beide my vakmentors. Ek kon die feit dat opvoeders altyd bereid was om mekaar
te help baie respekteer en dit het my laat voel dat ek altyd moet bereid wees
om uit te help waar daar hulp nodig was. Die feit dat die meisies baie goed
gemanierd was het my werk as ‘n opvoeder baie makliker gemaak, in die opsig van
tyd wat gespraar was omdat hulle, hulle self gedra het. Die meisies se
disipline het ook baie gehelp dat hulle nie onsteld geraak het indien die werk
nie vir hulle goed genoeg uiteengesit was nie of as die werk vir hulle te
maklik was, dit sou nie dieselfde gewees het by ‘n gewone skool nie en verseker
nie ‘n seunsskool nie.
Die hulpbronne by die skool het my
instaat gestel om makliker en geriefliker vir die leerders klas aantebied. Byvoorbeel
ek kon lesse uit werk in my af periodes in ‘n werkskamer wat tot my beskikking
was, wat my voorbereidings tyd na skool baie korter gemaak het. Nog ‘n waardevolle
aspek wat ek baie by gebaat het was die geleenthdede om deel te neem of
uittehelp met sport, funksies en geleenthede. Dit het my weer baie ander tipe
vaardighede aangeleer wat ook belangrik is om te besit in die onderwysberoep,
byvoorbeeld om saam te werk in ‘n span, om kalm te bly wanneer daar iets
verkeerd loop en om verantwoordelikheid te vat vir jou aksies en jouself. Die
belangrikste en waardevolste aspek wat ek geleer het tydens die skool tydperk
is die onderwys tegnieke en metodes om die voorbereiding van lesse makliker te
maak sodat dit kan vereenvoudig word vir die leerders om makliker te kan
verstaan.
Ek was ongelooflik bevooreg om by ‘n
model c skool my proeftydperk te kon aflê en dat ek eerlik waar kan sê dat daar
nie baie aspekte was wat nie waardevol was nie. Ek kan wel noem dat ons pas
gemaklik geraak het met die onderwys sisteem en hoe om lesse effektief
uittewerk asook om almal se name geleer
ken het, net voor ons weer die skool moes verlaat. ‘n Ekstra week of twee sou
voordelig gewees het. Die enige negatiewe aspek wat ek kan noem van die
assesserings aktiwiteite by die skool is dat daar nie noodwendig baie of enige
terugvoering vir die leerders gegee was nie, en dit is ook hoekom my
terugvoering tydperk ook baie beperk was.
Ter afsluiting het hierdie opstel gepoog
om my persoonlike groei, uitdagings en ontwikkeling oor die skoolbesoektyperk
te beskryf. Oor die algemeen het ek so baie persoonlik gegroei om byvoorbeeld
voor mense gemaklik en gerieflik te kan praat, asook om profesionele
verhoudinge met die personeel en leerderling te bou en te balanseer. My uitkyk
oor die onderwysberoep het heeltemal verander, i.v.m my ideologie aan die begin
van die jaar, en ek kan eerlik waar sê dat my verwagtige en uitkyk oor die
onderwysberoep positief uitgedraai het."
No comments:
Post a Comment