Friday, 7 November 2014

Wamkelekile Nonke/ Welcome Everybody



Please feel free to navigate through the Blog Archive / Tabs or Pages on the right hand side.
For your convenience, first navigate to the 'Valuable Resources' that will contain more information about Bloom's Taxonomy. All the themes listed on the right hand side are CAPS based themes appropriate to different grades (see CAPS document for more information).
All resources are based on Bloom's Taxonomy 
For more detail, make use of the 'Table of Contents' page.


Tuesday, 4 November 2014

Reflection on School Teaching Period

**Please feel free to make use of the translation bar on the right hand side, if you wish to read this in English**

Reflektiewe Opstel oor Skoolbesoektydperk

"Die volgende opstel gaan poog om te reflekteer oor die skoolbesoektydperk aan (Skool X) gedurende 21 Julie en 19 September 2014. Die doel van hierdie reflektiewe opstel is om ‘n geheelbeeld te skep oor my eie professionele groei en ontwikkeling as ‘n toekomstige onderwyser oor hierdie tydperk. Die fokus sal geplaas word op my eie aanvanklike verwagtinge van die onderwysberoep, die uitdagings waarmee ek moes werk, my aanvanklike gevoel oor my eie vermoëns as ‘n onderwyser en watse groei en tekortkominge het ek ervaar. Verder sal die waardevolste aspekte en die nie waardevole aspekte bespreek word van die skoolbesoek tydperk.

As ‘n NOS student was ons self nog nie blootgestel aan hoe die onderwys in die prakteik werklik is soos die b.ED leerders nie. My aanvanklike verwagtinge was dat dit baie soos die glaskas lesse sou wees maar dit was duidelik glad nie dieselfde nie. Die atmosfeer, leerder dinamika en akademiese verwagtige was heeltemal anders. Ek het ook nie verwag dat dit die onderwys so ‘n veeleisende beroep is wat konstant die opvoeders uitdaag nie. My opmerkings, deur met die opvoeders by Skool X te praat, is dat hulle na skool en naweke asook vakansies konstant deur moet werk, aan lesbeplannings en merkwerk aangesien hulle teveel klasse moet aanvat a.g.v te min van dieselfde vakonderwysers. Alhoewel die onderwysberoep hoë vereistes stel, voel ek persoonlik dat my karakter sal floreer in die onderwys beroep omdat ek self geniet om konstant besig te bly en uitgedaag te word, so my verwagtige het verseker versterk.

Aan die begin van die proeftydperk was ek onseker oor wat om te verwag oor die algemeen maar ek het steeds op ‘n mate gedink dat ek akademies voorberei was om suksesvol die akademie aantepak. Persoonlik voel ek dat ek meer isiXhosa taal reëls geleer het by my mentor juffrou Kritzinger die afgelope 9 weke as wat ek die afgelope paar maande geleer het, in my isiXhosa kurrikulumstudie. Juffrou Kritzinger het wel my baie tegnieke, stratigeë en onderwysmetodes geleer wat my instaat gestel het om my lesse suksesvol te voltooi. IsiXhosa lesbeplannings het my tweekeer langer gevat om uittewerk, as geskiedenis lesbesplannings omdat ek self eers die werk moes leer, voordat ek die werk kon verduidelik vir die leerders.

Die waardevolste aspekte van die skoolbesoek tydperk vas verseker die hulpvaardige mense by Skool X, insluitend beide my vakmentors. Ek kon die feit dat opvoeders altyd bereid was om mekaar te help baie respekteer en dit het my laat voel dat ek altyd moet bereid wees om uit te help waar daar hulp nodig was. Die feit dat die meisies baie goed gemanierd was het my werk as ‘n opvoeder baie makliker gemaak, in die opsig van tyd wat gespraar was omdat hulle, hulle self gedra het. Die meisies se disipline het ook baie gehelp dat hulle nie onsteld geraak het indien die werk nie vir hulle goed genoeg uiteengesit was nie of as die werk vir hulle te maklik was, dit sou nie dieselfde gewees het by ‘n gewone skool nie en verseker nie ‘n seunsskool nie.

Die hulpbronne by die skool het my instaat gestel om makliker en geriefliker vir die leerders klas aantebied. Byvoorbeel ek kon lesse uit werk in my af periodes in ‘n werkskamer wat tot my beskikking was, wat my voorbereidings tyd na skool baie korter gemaak het. Nog ‘n waardevolle aspek wat ek baie by gebaat het was die geleenthdede om deel te neem of uittehelp met sport, funksies en geleenthede. Dit het my weer baie ander tipe vaardighede aangeleer wat ook belangrik is om te besit in die onderwysberoep, byvoorbeeld om saam te werk in ‘n span, om kalm te bly wanneer daar iets verkeerd loop en om verantwoordelikheid te vat vir jou aksies en jouself. Die belangrikste en waardevolste aspek wat ek geleer het tydens die skool tydperk is die onderwys tegnieke en metodes om die voorbereiding van lesse makliker te maak sodat dit kan vereenvoudig word vir die leerders om makliker te kan verstaan.

Ek was ongelooflik bevooreg om by ‘n model c skool my proeftydperk te kon aflê en dat ek eerlik waar kan sê dat daar nie baie aspekte was wat nie waardevol was nie. Ek kan wel noem dat ons pas gemaklik geraak het met die onderwys sisteem en hoe om lesse effektief uittewerk asook om  almal se name geleer ken het, net voor ons weer die skool moes verlaat. ‘n Ekstra week of twee sou voordelig gewees het. Die enige negatiewe aspek wat ek kan noem van die assesserings aktiwiteite by die skool is dat daar nie noodwendig baie of enige terugvoering vir die leerders gegee was nie, en dit is ook hoekom my terugvoering tydperk ook baie beperk was.


Ter afsluiting het hierdie opstel gepoog om my persoonlike groei, uitdagings en ontwikkeling oor die skoolbesoektyperk te beskryf. Oor die algemeen het ek so baie persoonlik gegroei om byvoorbeeld voor mense gemaklik en gerieflik te kan praat, asook om profesionele verhoudinge met die personeel en leerderling te bou en te balanseer. My uitkyk oor die onderwysberoep het heeltemal verander, i.v.m my ideologie aan die begin van die jaar, en ek kan eerlik waar sê dat my verwagtige en uitkyk oor die onderwysberoep positief uitgedraai het."

Saturday, 4 October 2014

Last Day At School

The last day at my teaching practice school, was really lovely. It started with a lovely speech we as PGCE studends made to the principal and teachers at my assigned school. "The best gift someone can give someone else is the opportunity to learn" and that is what we as students received in return. It was very emotional but yet again so lovely to teach both my favorite grade 11 classes in isiXhosa and History. I was spoiled with a little going away party in the isiXhosa class, and a beautiful going away card, signed in isiXhosa by all the pupils in the class. I will cherish the moments and memories of enriching these children's lives (and how they enriched mine) forever.  

Grade 11 isiXhosa Class



Grade 11 Surprize: Titshalakazi Being Spoiled


Grade 11 History Class